Steunpilaar in insleepdienste sterf
Sodra die begrafnisreëlings gefinaliseer is, sal dit bekend gemaak word.
Die skoknuus dat Rocky Reyneke van Hencom Paneelkloppers oorlede is, het eMalahleni soos ’n vuishou getref.
Rocky is gister in die hospitaal oorlede.
Leon van Gend, het vertel dat Rocky in 1992 tot die insleepdiens industrie toegetree het.
“Rocky was vir ons soos ’n eikeboom. Sy wortels was diep en sy blare het skaduwee gegee aan almal om hom,” het Leon gesê.
“Oom Rocky gaan so baie gemis word. Oom het vir ons baie beteken en ons het altyd baie by oom geleer. Rus sag oom. Hencom Panelbeaters gaan leeg wees sonder oom Rocky,” het Albert Holtzhausen gesê.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
