Man probeer vrou met slenter vang oor vermiste hond
Sy is desperaat om haar klein viervoet-kind terug te kry.
’n Vrou se hartroerende pleidooi op Facebook nadat haar hondekind gesteel is, het die gemeenskap diep geraak.
Luzelle Santos se hondjie is Saterdag gesteel.
Sy het gesien hoe die viervoetige Ally by die pallisade blaf. Toe sy uitgaan, was Ally weg, maar haar bandjie met haar naamplaatjie aan het buite die pallisade gelê.
Haar huis voel nou leeg sonder die klein pootjies wat oor die vloere loop en die vrolike blafgeluide wat vroeër die stilte verbreek het.
Nadat sy op Facebook begin uitreik het, het ’n man haar gekontak en gesê hy weet waar Ally is.
Hy het R1 000 gevra om inligting oor waar die hondjie is te gee.
Na ’n ruk het hy gesê as R250 oorbetaal word, sal hy laat weet waar Ally is. Nadat die geld oorbetaal is, het die man laat weet hy soek nog na Ally.
Intussen is Luzelle se hart gebreek en soek sy steeds na Ally.
As jy weet waar Ally is, of gesien het dat iemand Ally opgetel het by die pallisade, kontak Luzelle: 082 827 349.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
