Local newsNews

Teater is lewendig by HTS

Op die verhoog word stories gehoor, kry drome vlerke en kry jong stemme ruimte.

Afrikaans wat vanjaar sy 100ste bestaansjaar as amptelike taal vier, maak die teaterfees ekstra spesiaal.

Dit is nie net ’n fees nie, dit is ’n viering van kultuur en storievertelling op sy beste.

Deelname aan Pronk Podium het vanjaar ongekende hoogtes bereik met indrukwekkende getalle van skole wat ingeskryf het. Die jaar was daar 27 skole met 72 toneelstukke en ongeveer 720 deelnemers.

Gasspreker Xander Venter.
Gasspreker Xander Venter.
Hoërskool Secunda.
Hoërskool Secunda.
Beoordelaars: Luan Jacobs en Dawid Brink.
Beoordelaars: Luan Jacobs en Dawid Brink.

Aardklop Pronk Podiumfees het in Augustus HTS kom beoordeel, waar daar verskeie skole was wat deelgeneem het aan die fees. HTS was een van die skole wat deelgeneem het aan die toneelspel – hulle het ’n toneelstuk opgevoer met die naam ‘Prut’.

Hulle het ongeveer 40 minute om die beoordelaars te beïndruk met hul passie en dryfkrag.

As hulle toneelstuk suksesvol was volgens die beoordelaars se punte, sal hulle deurdring na die semifinaal wat op 29 Augustus tot 3 September in die Attebury-teater in Pretoria plaasvind.

Die wenners sal dan op 9 Oktober by Laerskool Louw Geldenhuys in Linden, Johannesburg, optree.

Die beoordelaars en mentors sluit gesoute akteurs en teatermakers in soos Alexa Stachan, Kaz McFadden, Dawid Brink, Adriana Faling, Mila Guy, Simone Pretorius, Luan Jacobs, Lee Visagie, Vianney Farmer en Carina Nel.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button