Local newsNews

Nocturne praat ‘gekruide’ taal

Nocturne se byeenkoms se veelsydigheid is bewys deur die gesprek oor kruie se medisinale eienskappe tot die lekker kunssessie.

Dié maand was die fassinerende wêreld van kruie die besprekingspunt by die VLU Nocturne-tak se byeenkoms.

Alta Wilters, het op 7 Augustus kom inloer en meer vertel oor die pluspunte van kruie, ‘n onderwerp wat altyd nuuskierigheid prikkel.

 

Alta het haar kennis en passie oor dié natuurlike wonders gedeel.

“Kruie is die natuur se medikasie,” het sy gesê.

SIEN DIE FOTO’S HIER:

Sy het vertel van die veelsydigheid van kruie en verduidelik hoe belangrik dit is vir ‘n gesonde leefstyl.

Lede het geleer hoe kruie jou immuunstelsel kan versterk, stres verlig, hormoonwanbalanse balanseer en natuurlik daardie flentertjie-woord menopouse.

Na ‘n heerlike ete is daar geverf en opgewonde gesels en saamgekuier.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button