Local newsNews

Patties vier goue jubileum op hoë noot

Baie geluk met jul halfeeu vieringe Hoërskool Patriot.

Hoërskool Patriot se verjaarsdagviering bereik meer en meer toonhoogtes.

As deel van hul 50ste vieringe het die skool op 15 Augustus ’n koorfees aangebied.

Vyf skole het aan die fees deelgeneem. Hulle was Curro Bankenveld, Hoërskool Patriot, Laerskool Klipfontein, St. Thomas Aquinas en Middelburg Hoërskool.

Die gehoor is bederf met ’n verskeidenheid klanke, van geestelike liedjies, tot meer klassieke werke en meer moderne liedjies.

Die fees was ook die perfekte geleentheid vir die Mpumalanga Jeugkoor om hul uitsonderlike talent ten toon te stel.

Hulle het die koorfees gebruik vir hul laaste optrede vir die jaar.

 

Hierdie was ’n ware viering van talent; die gepaste manier om Hoërskool Patriot se goue jubileum te vier.

@witbanknews Hoërskool Patriot se verjaarsdagviering bereik meer en meer toonhoogtes. As deel van hul 50ste vieringe het die skool op 15 Augustus ’n koorfees aangebied. Vyf skole het aan die fees deelgeneem. Hulle was Curro Bankenveld, Hoërskool Patriot, Laerskool Klipfontein, St. Thomas Aquinas en Middelburg Hoërskool. #WitbankNews #Witbank #Patriot #koorfees #verjaarsdag ♬ original sound – witbanknews

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Witbank News/Nuus (@witbank_news)

 

See photos here:

 

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button