Trappieskerk se aandmark om die draai
Gee mamma die aand af, want aandete kan sommer by die mark gekoop word.
Die NG Kerk Witbank-Suid of soos dit alombekend staan, die Trappieskerk, maak reg vir hul aandmark.
Die mark wat op 29 Augustus plaasvind gaan ʼn fees vir sintuie wees met stalletjies wat gaan spog met sosaties, Kerrie en rys, boepensbroodjies (jaffels), hamburgers, boereworsrolletjies, pannekoeke en nog vele meer.
Vir die jonger garde is daar baie speletjies met baie pryse om op te raap.
Daar is ook ʼn lam wat die skaal so tussen 23kg en 25kg trek op die spel. Om die skaap te wen moet jy sorg dat jy jou kaartjie koop. Daar word net 200 kaartjies verkoop.
Die aandmark is nie net ‘n plek om te koop en te verkoop nie; dit is ‘n kuierplek waar mense kan ontspan, gesels en die warmte van die gemeenskap kan ervaar. Bring jou gesin, vriende en buurmanne saam en maak nuwe herinneringe terwyl julle die musiek en die vrolike gees van die aand geniet.
Die mark begin om 16:00 tot 20:00.
Die kerk is op die hoek van Plumerstraat en Van Ryneveldstraat geleë.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
