Local newsNews

Laerskool Klipfontein het die pretloop van die jaar gehou

Telling’s het weer gestuig die jaar by die Pretloop.

Laerskool Klipfontein se leiers se doel is om regdeur die jaar fondsinsamelings te hou vir die skool sodat hulle bietjie die onderwysers kan bederf en vir hulle groot afskeid die einde van die jaar. Maar die hoof rede hoekom hulle dit doen, is om aan die einde van die jaar ’n geskenkpak aan die skool te gee, om fondse te gee aan die skool om verbeterings te doen en terug te gee aan die gemeenskap.

“Ons is so opgewonde vir die lieflike geleentheid,” was die woorde van onderwyseres Ruvé van Rooyen.

Laasjaar se leiers het besluit om die jaar ’n verligte nagpretloop aan te bied en dit ’n tradisie te maak om dit elke jaar te doen. Daar was ’n 5km nagpretloop en dan was daar ’n 10km vir die lang asems. Dit was gehou op 13 Augustus en dit was ’n groot sukses. Daar was ongeveer 975 inskrywings die jaar, en verskillende besighede het geborg.

Precious Masilela, Thayo Mamonyane en Nonhlanhla Motha. Foto: Cindy van der Merwe.

Daar was heerlike kos by die stalletjies asook pret en vermaak vir die kinders.

Met die jaar se fondse gaan hulle gaste-badkamers bou, dat wanneer daar weer so groot geleentheid is, almal gemaklik die badkamers kan gebruik. Hoërskole het die waterpunte hanteer.

Deelnemers by die pretloop Foto: Cindy van der Merwe.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button