Giggel geel serpies, so hou ATKV hulle oggendtee
ATKV vou die lewe en liefde toe in giggel-geel serpies.
ATKV-dames het saam ’n koppie koffie en ’n koeldrank by Rustic Fields geniet. Hulle het oor serpe gesels en hoe om ’n serp te vou.
Die serpe is ook ’n insameling van fondse sodat hulle mense op toere kan vat wat dit nie kan bekostig nie.
’n Demonstrasie van die betekenis van die Protea was deur een van die gassprekers, Lizette Jansen van Rensburg, verduidelik.



Die protea is een van die oudste blomme in die wêreld. Hierdie blom ontleen homself tot skoonheid en persoonlikheid van sy dik steel tot sy sterk, stralende blomme. Dit is die nasionale blom van ons land en die simbool van krag, diversiteit, moed en transformasie.
Sy is ’n styl-ikoon en woon in Suid-Afrika, reis wêreldwyd om haar kliënte te bedien en het in sewe lande gekwalifiseer as ’n internasionale beeldstyl- en modespesialis – Sandra Taljaard het geen bekendstelling nodig nie.
Haar tema vir die oggend was geloof en inspirasie in vroue teenoor hulself.
“Vrou, jy is deel van een van die grootste wonderwerke op aarde en jy inspireer jouself en jou geloof,” het Sandra gesê.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
