Local newsNews

Vrou vind twee oorledenes se as – wil dit graag terugbesorg

Die as van twee mense is tussen verkoopte huisraad in Malelane gevind. Die vermoede bestaan dat hulle van eMalahleni afkomstig is.

’n Tweedehandse winkel-eienaar het meer gekry as wat sy verwag het toe sy onlangs huisraad opgekoop het.

Rina Hough van Malelane, aan wie die tweedehandse winkel behoort, is nou op soek na familie of kennisse wat die oorledenes geken het.

Die as is in ’n boks tussen die ander huisraad gevind.

“Dit is ongelooflik hartseer. Hierdie is iemand se geliefdes, iemand se pa, broer of seun,” het Hough gesê.

Die papierwerk dui daarop dat een oorlede Hendrik Johannes Viljoen is wat op 10 Januarie 2002 veras is. Hy is op 5 Mei 1930 gebore en op 2 Januarie 2002 oorlede.

Die nissie is tussen huisraad gevind.

Die verassing het in eMalahleni plaasgevind.

Die tweede inskrywing op een van die nissies is Thomas Sarel van Dyk wat op 26 Januarie 2007 oorlede is.

Dié nissie hou Thomas Sarel van Dyk se as.

Sy hoop dat iemand sal hand-opsteek en help om die eienaars van die as op te spoor.

As enigiemand inligting het, word hulle versoek om haar te kontak: 071 886 9747.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button