Local newsNews

Bianca ’n jukskei kampioen

Jukskei ’n sport vir elke generasie.

Bianca van den Bergh, ’n talentvolle jukskei-speler, het onlangs haar staal gewys en beplan om nog groter hoogtes te bereik.

Op 30 Augustus het sy en haar span goud en die gesogte Baba Maree Skild-trofee verower by die finale liga vir Mpumalanga-skole wat by die Kees Taljaard-stadion gehou is.

Haar liefde vir die sport is duidelik; sy het al van kleins af saam met haar ma na die jaarlikse Jukskei Suid-Afrika (JSA) byeenkoms in Kroonstad gegaan, waar provinsies teen mekaar meeding.

Haar loopbaan het in graad sewe begin, met ondersteuning van haar ouers, Annie en William van den Bergh, wat albei afrigters en skeidsregters is, sowel as haar broer, Henry, ’n ervare speler en afrigter.

In haar graad sewe jaar het sy haar Mpumalanga-kleure vir die o.13 meisiespan verwerf en het by die JSA-toernooi deelgeneem.

Bianca van den Bergh in oefen bietjie haar jukskei gooi. Foto: Cindy van der Merwe.

In graad nege het sy verder gevorder as deel van die o.19 Akademie-meisiespan, waar sy ’n bronsmedalje in dubbelspel gewen het.

Haar span het ook hul plaatafdeling by die JSA gewen.

Bianca beskryf haarself as ’n gedrewe en spontane mens. Sy geniet die sport en het ’n sterk begeerte om ver te kom in jukskei.

Nou sien sy uit na die klubligas waar sy vir die Witbankklub sal speel. Met haar bewese talent en dryfkrag is dit duidelik dat Bianca ’n blink toekoms in jukskei het.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of  TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button