Local newsNews

Braaibroodjies bly ’n wenner by elke braai

Biltong, braaivleis, rugby, koeksisters, krummelpap, gemmerbier en natuurlik braaibroodjies, dra ’n stukkie van ons geskiedenis.

Suid-Afrikaners se gasvryheid en braaikultuur is wêreldwyd bekend, en ons unieke tradisies word weerspieël in ’n verskeidenheid van geure en geregte.

Van biltong met ’n heerlike stuk geelvet tot bobotie met rosyntjies, krummelpap en ouma se gemmerbier, is elke element ’n stukkie van ons erfenis.

Maar niks skree ‘braai’ soos ’n braaibroodjie nie. Dit is vir baie die hoogtepunt van elke braai.
WITBANK NUUS het by die plaaslike koskenner, Talitha Share gaan aanklop om haar geheim vir die perfekte braaibroodjie te ontdek.

Haar resep is eenvoudig, maar die resultaat is allesbehalwe gewoon.

Die geheim lê in die kruie wat sy byvoeg, ’n geurige mengsel wat die tradisionele braaibroodjie in ’n meesterstuk omskep.
Hierdie geheim is die bewys dat ’n paar eenvoudige byvoegings ’n groot verskil kan maak. Met hierdie wenk kan almal ’n braaibroodjie met ’n unieke en smaakvolle kinkel voorberei, wat elke braaivleis een vir die boeke maak.

Hier is die resep:
Vars snytjies witbrood.
Meng mayonnaise, gerookte paprika, swart gemaalde peper en mosterdsous in ’n bakkie en smeer oor die broodjies soos botter.
Pak snytjies tamatie, fyngekapte rooi uie en gerasperde Cheddarkaas bo-op. Gooi sout.
Maak toe, smeer dun lagie knoffelbotter buite en braai.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button