Local newsNews

Oud-onderwyser sterf  na val

Boodskappe van medelye stroom in vir die geliefde jufrou van HTS Witbank wat diep spore gelaat het.

eMalahleni is in rou gedompel na die nuus dat jufrou Vanessa Dempsey oorlede is.

Juffrou Dempsey het vanoggend in die hospitaal gesterf nadat sy gister geval het.

Haar man, Johan Dempsey het aan WITBANK NUUS gesê  hy kan nog steeds nie glo dat sy vrou oorlede is nie.

“Ons is stukkend,” het hy gesê.

Hartseer het hom oorval en hy het genoem hy sal later die week al die reëlings deurgee.

Juffrou Dempsey het jare by HTS skoolgegee, en onlangs op pensioen gegaan.

“Met swaar harte het ons verneem van die afsterwe van Juffrou Dempsey, ‘n geliefde oud-kollega met ‘n hart vir liefdadigheid en toegewyde toersime onderwyseres en departementshoof,” was die boodskap op die skool se sosiale media.

Medelye stroom in op die skool se Facebook-blad.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button