Buurtspan wikkel met instandhouding in eMalahleni
AfriForum se buurtspan het self ingespring en eMalahleni en die buurdorp begin skoonmaak.
Die buurtspan wat eMalahleni en Middelburg skoon hou, doen uitstekende werk.
Dit was die terugvoer wat Woensdag, 1 Oktober tydens die plaaslike tak se vergadering gedeel is.
Die buurtspan is in die lewe geroep nadat die plaaslike munisipaliteite gesukkel het om by te bly met noodsaaklike instandhoudingswerk.
Dit sluit in die skoonmaak van parke, sypaadjies, bome snoei, stoptekens opsit en voetoorgange verf, veral by skole.

Hennie Bekker, distrikskoördineerder van AfriForum het gesê die gemeenskap gaan nie langer wag om die werk te doen nie, en spring eerder self in om skoon te maak.
Verlede maand het die tak ook bome aan skole geskenk om te plant ter viering van boomplantmaand.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
