Local newsNews

Eerste lekker reën val in eMalahleni

Die eerste lekker somerreën het die stof laat lê en alles lyk vanoggend sommer nuut en vars.

Die boere het ’n oue wysheid, “Dit moet nie voor Oom Paul se verjaarsdag reën nie, want dit voorspel droogte.”

Maar, op die vooraand van Paul Kruger se geboortedag, het dit al te lekker in eMalahleni gesous.

@witbanknews The beautiful sound of raindrops can be heard in eMalahleni #WitbankNews #rain #weather #nature ♬ original sound – witbanknews

Hierdie sagte, deurdringende reën was net die regte ding om finaal afskeid te neem van die winter en om die stof weg te was.

Met die oumense se spreuke in gedagte – wat geglo het jy swem nie voor die eerste reën al die kieme weggewas het nie – kan ons nou sê: Dit is amptelik somer!

Witbank Dam was vanoggend 98,9% vol.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button