Local newsNews

Oud-Klippies juffrou tydens roerende roudiens gegroet

“Mamma het só dikwels vir ons vertel hoe lief sy is vir Jesus. Daarom glo ons dat sy reeds is waar sy nog altyd wou gewees het, in die Hemel.”

Juffrou Rita Etsebeth, ‘n geliefde oud-onderwyseres van Laerskool Klipfontein, is vandag met ‘n roerende roudiens finaal gegroet.

Sy is op 5 Oktober oorlede na ‘n siekbed wat vier maande gelede begin het toe sy ‘n beroerte gehad het, waarna haar gesondheid geleidelik agteruitgegaan het.

Rita het haar lewe aan onderwys gewy en het vir net meer as 48 jaar lank skoolgehou.

Haar eggenoot, Fanie Etsebeth, het vertel van hul diep verbintenis. Hulle het slegs ‘n paar dae voor haar afsterwe, op 29 September, hul 52ste huweliksherdenking gevier.

“Ons het ‘n wonderlike lewe saam gehad, en sáám die Here gedien. Sy is my sielsgenoot, liefling vroutjie en wildtuin maatjie,”  het hy tydens die roudiens gesê

Rita laat haar man, Fanie, haar kinders Marius, Marlé en Karlien, asook haar kleinkinders agter.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button