Local newsNews

Dankie Ianthé vir die soet bederf

Ianthé het voor WITBANK NUUS grootgeword. Die jong dame kom loer gereeld in met bederfies.

Die WITBANK NUUS kantoor was gister aangenaam verras met ʼn lekker soet bederf.

Ianthé Pretorius, ʼn graad 11 leerder van HTS, het spesiaal varsgebakte kolwyntjies afgelewer.

 

“Dis net om dankie te sé vir julle harde werk,” het die tiener verduidelik.

 

Die spontane gebaar is deel van Ianthé se verpligte 30 uur gemeenskapsdiens wat sy moet voltooi as deel van Mpumalanga Landsdiens.

Die landsdiener is goed op pad om haar senior Springbok-klere volgende jaar te verwerf.

 

“Ek was al twee keer by die nasionale kamp,” het sy opgewonde vertel.

 

Ianthé het vertel dat sy deur die landsdiens al vriende regoor die land gemaak het.

 

Breaking news at your fingertips … Follow WITBANK NEWS on our websiteFacebookTwitter,  Instagram or TikTok

Chat to us: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button