Local newsNews

Plaasaanvallers slag 2 beeste tydens plaasaanval

In die jongste voorval, wat gisteraand ná 23:00 plaasgevind het, is twee plaaswerkers op 'n plaas naby Bulpan aangerand.

Boere in die Bulpan-area is op hoë gereedheidsgrondslag na ‘n tweede plaasaanval in die omgewing.

Twee werkers wat op een van die plase in die omgewing bly, is gisteraand aangerand toe vyf plaasaanvallers die houtdeur van die huis waarin hulle bly, met ‘n panga oopgekap het om in te kom.

Die houtdeur is oopgekap.

Piet Wassenaar, die eienaar van Presidio Sekuriteit, het die plaas vanogged besoek en vertel dat die plaaswerkers darem nie ernstig beseer is nie.

Een van die plaaswerkers is met ‘n panga onder sy voet gekap.

“Die eienaar van die grond bly nie self op die plaas nie en sy twee plaaswerkers bly in die huis. Net na 23:00 het hulle die honde gehoor blaf en die vyf mans gesien. Die vyf het vir die plaaswerkers geskree om die houtdeur oop te maak en toe hulle weier, is die deur oopgekap.”

Die aanvallers het die twee plaaswerkers vasgebind en die huisraad op ‘n trekker gelaai.

Twee beeste is tydens die plaasaanval geslag.

“Hulle het twee beeste geslag en twee honde vergiftig,” het Wassenaar gesê.

Net na 04:00 het hulle padgevat met die trekker, maar by ‘n laagwaterbruggie in die modder vasgeval.

Die trekker het in modder by ‘n laagwaterbruggie vasgeval.

Wassenaar het vertel dat die rowers terug is plaashuis toe om die vasgebinde plaaswerkers te gaan haal om te help om die trekker uit die modder te stoot.

Die plaaswerkers het vertel dat die trekker nie uit die modder gestoot kon word nie en ‘n bakkie opgedaag het. Die aanvallers het al hul buit op die bakkie gelaai en gery.

Een van die honde is dood, en Wassenaar het gesê dat die tweede hond is betyds gevind.

*Die eerste plaasaanval op 2 Oktober het in dieselfde omgewing plaasgevind. Twee huise op ‘n plaas is aangeval en goedere gesteel.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button