Local newsNews

‘Dis ekke daai’ sê plaaslike inwoner nadat video op sosiale media verskyn

JP Steenkamp in sy Isuzu se video het die hele land aan die gons en dit net omdat hy ’n man met jig gehelp het.

Die sosiale media was in rep en roer nadat ’n video wat wys hoe ’n Isuzu bakkie ’n diep poel water deurstuur, viraal gegaan het.

Lesers se reaksie was oorweldigend en opmerkings soos, “Jis daai bakkie kan maar,” word gehoor.

Die video het reeds die 300 000 kerf verbygesteek.

Die video, wat op WITBANK NUUS se TikTok-kanaal gedeel is, wys hoe ’n motoris ’n Isuzu behendig deur die watermassa onder ’n brug stuur.

SIEN DIE VIDEO HIER

@witbanknews The R545 is flooded at the overhead bridge. Travel with caution.#Floods #weather #rain #Emalahleni ♬ original sound – witbanknews

Te midde van die aanmoediging kan ’n stem gehoor word wat die bakkie se vermoë prys.

“Dis my vriend daai, hy bring my vis daai ene.”

 

“Daai Isuzu sal daar verby gaan, hy sal maklik deurkom,” word daar gehoor.

 

Die water het oor die bakkie gestoot.

Die bestuurder, JP Steenkamp, het vinnig laat hoor: “Dis ekke daai!”

 

In die agtergrond wys die dreigende wolke terwyl Chinique Steenkamp met haar vis spog.

JP het vertel dat hy en sy dogtertjie, Chinique, Sondagoggend gaan visvang het.

 

“Ons het so agt gevang toe die weer skielik opsteek. Met die terugkom het ons die water onder die brug teëgekom en deurgestoot, want ’n Isuzu kan,” het hy trots gesê.

Wat die storie nog meer besonders maak, is die rede waarom JP twee keer deur die water moes ry.

SIEN DIE VIDEO HIER

@witbanknews JP Steenkamp who maneuvered through a ‘river’ of water shows us the video footage from inside his Isuzu. #Isuzu #rain #weather #adrenalinerush #stunt ♬ original sound – witbanknews

Hy het die bakkie weer deur die water gewaag om vis vir die man aan die ander kant te vat, wat die video geneem het.

JP Steenkamp ry deur water met sy Isuzu bakkie.

Die rede? Die man eet nie rooivleis nie, want hy het jig.

JP het die debat weer van vooraf begin en gewys met ’n Isuzu kan jy enige plek ry.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

*Hierdie artikel is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is, om aan te dui dat Steenkamp Sondag gaan visvang het, en nie Saterdag soos aanvanklik berig is nie. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button