Local newsNews

Borskankermaand op hoë noot afgesluit

Meer as 500 deelnemers het aan die Bettie Bandana pretloop deelgeneem. Hierdie pretloop het baie harte geraak.

Die strate om Highveld Mall was die naweek pienk gekleur toe meer as 570 stappers en hardlopers aan die Bettie Bandana pretloop deelgeneem het.

Die pretloop wat op 25 Oktober plaasgevind het, was meer as net ‘n geleentheid om die tekkies aan te trek en gou ‘n 5km in te werk.

Vir party was dit ‘n emosionele en inspirerende viering van die lewe, want byna ‘n derde van die deelnemers het ‘n persoonlike verbintenis met kanker, hetsy self die siekte oorwin het, of ‘n geliefde na aan hulle het die stryd teen kanker gevoer of voer steeds die stryd.
Van die organiseerders se kant af was daar baie dankbaarheid.

“Baie dankie vir jul ondersteuning om vanjaar se Bettie Bandana so ‘n reusesukses te maak. Al 570 deelnemers het saamgekom in herinnering van Retha van Greunen wat gewaarwording omtrent borskanker en hoop gedeel het,” het Sharlene Doogan, een van die organiseerders gesê.

Nicola Blake, bemarkingsbestuurder van Highveld Mall, het gesê, “Baie dankie aan elke deelnemer, ondersteuner en vrywilliger asook huurders in Highveld Mall wat die dag moontlik gemaak het. Hierdie pretloop het soveel harte geraak. Kom ons dra Retha van Greunen se woorde saam met ons, ‘Jy is sterker as wat jy dink!'”

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button