Local newsNews

Hondevergiftigings neem weer toe

Hondevergiftigings neem toe en eienaars word gewaarsku om hul viervoet-kinders veilig te hou.

Troeteldiereienaars word gewaarsku om uiters versigtig te wees aangesien hondevergifting weer toeneem.

Annamarie Gerber het inwoners op 13 November op die Blancheville WhatsApp groep gewaarsku nadat sy stukke vleis in haar erf gekry het.

Sy woon in Rhoodestraat.

“Iemand moes deur die nag die vleis oor my muur gegooi het.”

Sy het gesê haar hondekinders is darem veilig.

“Wees bedag op vreemde voorwerpe: Inspekteer jou tuin gereeld vir enige verdagte kos of vreemde voorwerpe wat oorgegooi kon word. Verwyder dit onmiddellik,” was haar raad.

Inwoners word versoek om proaktief op te tree: Hou honde in veilige, geslote areas, veral oornag of wanneer niemand tuis is nie, en wees te alle tye bewus van vreemde aktiwiteite in die buurt. Indien enige verdagte lokaas gevind word, moet dit versigtig verwyder en by die polisie of DBV aangemeld word.

Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: [email protected]

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button