Local newsNews

Selfoondiewe is besig in Secondlaan

’n Seun is die afgelope naweek van sy selfone geroof in Fleurlaan in Blancheville.

’n Tiener van Blancheville is twee selfone kwyt nadat hy die naweek in Fleurlaan beroof is.

Die seun, wat anoniem gehou word op aandrang van sy ouers, was op pad terug van ’n nabygeleë selfoonwinkel toe hy op 21 November beroof is.

Sy ma het gesê hy was op pad terug huis toe, toe ’n man hom gevra het om te help, want hulle sukkel om visgoed te laai.

“Hy het nee gesê en toe hy wou aanloop, het die man hom aan die arm gegryp en gesê hy moet die foon gee. Die man het gevra of hy nog iets by hom het, en toe hy nee sê, het die man begin voel en die ander foon ook gegryp,” het die ma gesê.

Volgens die tiener het die twee mans in die bos by Secondstraat ingehardloop en verdwyn.

’n Leser wat die mamma se waarskuwing op Blancheville se WhatsApp-groep gelees het, het gesê dit is nie die eerste keer dat iemand naby die bos in Secondlaan beroof word nie.

Hy het gesê dis ’n tendens wat al ’n geruime tyd aan die gang is in die omgewing van die bos.

Hy weet van ’n voorval twee jaar terug waar iemand ook van ’n selfoon beroof was.

Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button