Jo Black tree die naweek by Neo Doxa op
Jo Black tree die naweek by Neo Doxa op en dit is ’n vertoning wat jy nie wil mis nie.
Neo Doxa hou die naweek hul Neo Celebration.
Dit skop reeds môre af met ’n opwindende program wat ’n vlooimark en verskeie vertonings insluit.
Hulle sluit die dag af met hul Kersproduksie wat om 18:30 begin.
Saterdag begin met ’n pretloop en sluit af met ’n vertoning deur Jo Black.
Ingang na die dag se feestelikhede is R80 per persoon sonder die Jo Black-vertoning ingang, en R200 per persoon sal jou ingang na die dag se vol program en die vertoning verseker.
Charl David, Lucia Poggenpoel en Andries Vermeulen sal vir die vermaak deur die dag sorg.
“Kom vier die hart van Kersfees saam met ons,” het die gemeente genooi.
Kontak Ursula Kraft by 066 270 5320 vir meer inligting.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
