Local newsNews

Motorfiets vanoggend uit Rhoodestraat gesteel

Die Honda VT1100 Shadow wat vanoggend uit ‘n erf in eMalahleni gesteel is, het baie sentimentele waarde vir Ettiene Becke.

‘n Motorfiets met groot sentimentele waarde is vroeg vanoggend uit Rhoodestraat gesteel.

Ettiene Becke, die eienaar, het vertel dat dit die laaste geskenk was wat hy vir sy vrou gekoop het voordat sy op 2 Desember verlede jaar oorlede is.

“Hierdie hele jaar was net een reuse gemors,” het hy hartseer gesê.

Sy buurman se kringtelevisiekameras het gewys hoe ‘n wit bakkie voor sy erf stilhou.

Die diewe het die sluitmeganisme van die hek gebreek en die motorfiets op die bakkie gelaai.

Becke het bygevoeg dat sy honde, wat hy as sy ‘kinders’ beskryf, die nag binne geslaap het.

Hy is oortuig dat die diewe hulle sou vergiftig het indien hulle buite was.

“My ‘kinders’ is darem veilig, maar my hart is stukkend oor die motorfiets,” het hy afgesluit.

As jy die Honda VT1100 Shadow met registrasie LT85JW GP gewaar kontak Ettiene by 062 070 8084.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button