Panorama Kersmaak uit en uit die moeite werd
As jy nie by die Panorama Kersmark ingeloer het nie, het jy baie gemis.
Die Kerskouse gaan propvol wees hierdie jaar.
Die onvergeetlike en interessante geskenke wat by die onlangse Panorama Kersmark aangeskaf is, beloof om die feestyd ekstra spesiaal te maak.
Die jaarlikse Kersmark was vanjaar ’n reusesukses en het besoekers gelok met ’n indrukwekkende verskeidenheid.
Meer as 100 uitstallers het deelgeneem, wat ’n ongelooflike keuse van unieke, handgemaakte artikels gebied het.
Die mark het oor ses dae gestrek, vanaf 24 November tot 29 November, en het inkopiegangers die geleentheid gegee om deur rye en rye pragtige skeppings te snuffel.
Nadat die besige inkopietog die voete moeg gemaak het, het talle besoekers by die immergewilde teetuin aangedoen vir ’n welverdiende ruskans.
Hier is die nuutgevonde skatte van nader bekyk terwyl daar heerlik gesmul is aan varsgebak en verversings.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
