Geliefde Oom Boetie sterf
Oom Maans was baie bekend in visvangkringe en is beskryf as ’n man met integriteit en ’n warm hart.
Die gemeenskap treur oor die afsterwe van Maans van Niekerk, die bekende voormalige eienaar van Prisma Glass, wat later as Prima Glas bekendgestaan het.
Oom Maans, wat vir almal bekend was as Oom Boetie, het oor dekades heen ‘n onuitwisbare stempel in die stad gelaat.
Sy besigheid was nie net ‘n toonbeeld van uitstekende diens nie, maar het ook ‘n sleutelrol gespeel in werkskepping en in die volgehoue ondersteuning van die gemeenskap.
Hy word deur baie inwoners onthou as ‘n man van integriteit, hardwerkendheid, en bo alles, ‘n warm hart.
Volgens familielede en vriende was Oom Boetie daardie persoon wat altyd ‘n oomblik kon afknyp vir ‘n opregte geselsie.
Sy vriendelike geaardheid het hom geliefd gemaak by mense van alle ouderdomme.
Sy heengaan laat ‘n groot leemte in die stad en hy sal deur die gemeenskap gemis word.
Oom Boetie se begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie. Sodra dit bekend is, sal dit deurgegee word.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
