Geloftefees word die heel week gevier by die laer in Mandelastraat
Elke aand kan die klank van kanonskote gehoor word. Dit is die kanonsaluut van drie kanonne.
Dis weer tyd vir die jaarlikse Witbank Geloftefees.
Dié Geloftefees word vanaf 9 Desember tot 16 Desember in Mandelastraat regoor die Portugesesaal gehou.
Dié jaar word daar laer opgeslaan en lekker groot kampvure gaan brand.
Om 06:00 word daar elke dag Boekgevat, gevolg deur ’n kanonsaluut van drie kanonne, onder andere ook die Grietjie-replika.
Daar gaan ook stalletjies wees met heerlike eetgoed.
Op 16 Desember gaan daar in die Portugesesaal om 10:00 bymekaargekom word om die eer en oorwinning aan die Allerhoogste Skepper van hemel en aarde te gee.
Die prediker van die dag gaan ds. Ben Strijdom wees.
Daar sal genoeg eet- en drinkgoed aangebied word.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
