Local newsNews

Insleepdiensdrywer amper in N12 lokval

Witbank SAPS se beheerkamer kan gekontak word by 079 891 5570.

’n Gesoute insleepdiensdrywer was ampertjies gisteraand ’n statistiek op die N12.

Giepie Fisher het uitgegaan om ’n trok wat onklaar geraak het te sleep, toe sy instink hom waarsku iets is nie reg nie.

“Ek was in my bakkie en die trok se bestuurder en ons werktuigkundige in die trok. Ons het vir ons trok gewag om die trok te kom haak toe my bakkie se ‘spotlights’ skielik agter aangaan,” het Fisher vertel.

Toe hy in sy truspieëltjie kyk, het hy drie mans opgemerk wat in sy rigting aangestap kom.

“Ek het voet in die hoek gesit en gery!”

Fisher het verder aan ’n u-draai gemaak en teruggery tot waar die mans by die trok met die bestuurder gepraat het.

“Toe ek hulle vra wat hulle soek, het hulle aangedui hulle soek ’n band, want een van die bande op hulle bakkie is pap. Ek het hulle duidelik laat verstaan ons het nie bande nie en hulle gevra om pad te gee want ons ‘back-up’ is naby.”

Fisher het gesê hy was so verbaas toe die drie in hulle bakkie klim en wegjaag.

“Hulle het nie ’n pap band gehad nie, hulle wou ons definitief kaap of roof,” het Fisher gesê.

Drie hoofwegpolisievoertuie was binne minute op die toneel en het seker gemaak die trok word veilig weggesleep.

Polisiewoordvoerder, Kaptein Eddie Hall, het gesê die patrollies op die N12 en N4 is verskerp.

LEES MEER Mpumalanga becomes South Africa’s new vehicle hijacking hotspot

Hy het gesê as jy onveilig voel in ’n situasie, veral met die blouligbende wat steeds besig is, word jy aangeraai om na die naaste veilige plek soos ’n petrolstasie te ry.

“Motorkapings en breek-en-gryp-voorvalle kan enige tyd en op enige plek gebeur. Wees altyd waaksaam. Probeer om nie in die aand te ry nie, want dis juis wanneer kapers baie doenig is,” het Hall gesê.

Vir ektra veiligheid, laai die MySAPS toep af. Op die toep kan jy jou naaste polisiestasie vind.

LEES MEER HIER Beware of Thursdays – that is when hijackers are more likely to grab your wheels

Witbank SAPS het ook ’n selfoonnommer wat in tye van nood geskakel kan word: 079 891 5570. Stoor ook die nommer op jou selfoon.

Die Zello-kanaal is ook ’n uitstekende hulplyn in tye van nood.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button