Dylan veg steeds om sy lewe ná Oukersaand ongeluk
Weber se familie klou hoopvol vas aan ‘n wonderwerk.
Die 22-jarige Dylan Weber is steeds in ’n koma nadat sy motor op Oukersaand op die OR Tambo-draai gerol het.
Gebede stroom in op die Facobook-plasing waar gevra is dat die gemeenskap vir die jong man moet bid.

Sy ma, Lizaan Kruger, sê sy is diep geraak en oorweldig deur die gebede.
Weber is steeds in ‘n koma
Die impak van die botsing was geweldig.
Weber se beserings is baie ernstig.
Hy het sy kop baie hard gestamp, sy arm is op twee plekke gebreek en hy het ’n gekraakte skedel en beenbeserings opgedoen.
LEES MEER 22-jarige veg vir sy lewe na ongeluk op Oukersaand
Sy niggie, Ilze Terblanche, het bevestig dat daar gister tekens van vordering was.
Hoewel hy steeds in ’n koma is, het die swelling begin sak.
“Die dokters sê hy is tans stabiel,” het Terblanche gesê.
Toyota Corolla smashes through wall at OR Tambo bend hotspothttps://t.co/0qQDB8knMV #Accident #Christmaseve #crash #wtbnews #witbanknews pic.twitter.com/d85YhWju0d
— WitbankNews (@WitbankN) December 24, 2025
Die aand van die ongeluk
Volgens Weber se vriendin, Ruchell Lewis, was hy omstreeks 22:00 die aand op pad na ’n vriend in Gordonstraat toe die ongeluk gebeur het.
“Ons het nog op WhatsApp gepraat net voor hy gery het,” het sy vertel.
Die plan was dat hy Kersdag na haar toe sou gaan nadat hy by sy ouma en oupa was.
Bid vir Dylan vra familie – dié 22-jarige veg vir sy lewe na ’n ongeluk op Oukersaandhttps://t.co/9G70RVPNXH #ongeluk #witbanknews #wtbnews #Emalahleni #DylanWeber pic.twitter.com/SpvlLRv0xV
— WitbankNews (@WitbankN) December 26, 2025
Weber het teen ’n muur op die draai vasgery, waarna sy kar gerol en hy uit die voertuig geslinger is.

“Dylan is ’n vegter; hy sal hierdeur kom,” het Lewis positief gesê.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
