Local newsNews

‘Ek het net geweet ek móét aanhou ry’ – ma vertel van Kersdag nagmerrierit op N4

Die vrou het uitgeswaai, maar die linkerkant van haar voertuig het steeds die sementblokke getref.

‘n Rit terug van Pretoria af het vir ‘n gesin in ‘n nagmerrie ontaard toe hulle oor ‘n sementbok met spykers in gery het.

Die vermoede bestaan dat die sementblok opsetlik in die pad geplaas is om motoriste te dwing om stil te hou.

Rowers slaan dan toe en roof motoriste.

“Dit was ‘n ongelooflik harde slag,” het die ma wat verkies om anoniem te bly, gesê.

Danksy haar vinnige optrede kon sy betyds uitswaai, maar die linkerkant van haar voertuig het die blokke getref.

“Ek het net geweet ek móét stadig aanhou ry, ongeag die skade. As ek vinniger gery het, sou ek oor die blokke gery het.”

Haar twee kinders was saam met haar in die kar

“Die kinders het onbeheersd begin huil en ek was doodbang die bande word pap en ons moes stop.”

Die gedagte aan wat kon gebeur het, spook steeds by haar.

“My dogter is 19 jaar oud en ek wil nie eers dink wat hulle aan my of haar so doen as ons moes stop nie.”

“Ek het my les geleer,” het sy gesê.

Daar is ‘n WhatsApp groep ‘N4 Spiking Prevention Group’ wat gestig is om motoriste te waarsku oor ysterpenlokvalle.

Kontak Arthur Hill by 083 870 9693 vir meer inligting oor die gemeenskapsgroep.

Veiligheidswenke

AfriForum se buurtspanne doen gereeld patrollies op die N4 en het die volgende veiligheidswenke gedeel:

  • Probeer om nie oor enigiets wat in die pad lê, te ry nie.
  • Verminder snelheid om die kans te vergroot om voorwerpe in die pad betyds raak te sien.
  • Indien die voorwerp in die pad so groot is dat dit jou voertuig kan beskadig, verminder drasties snelheid, en ry stadig daaroor.
  • Indien die omstandighede dit toelaat, ry  ‘wydsbeen’ oor die wit middelstreep, dit kan die moontlikheid verminder om ’n ysterpenband raak te ry.
  • Hou ’n volgafstand van ten minste 5-6 sekondes van die motor voor jou, sodat jy kan sien as daar ’n verandering in sy patroon van bestuur is.

Wat kan jy doen indien jy in ‘n ysterpenlokval in ry?

  • Voordat jy jou reis aanpak, assesseer die gebiede waardeur jy gaan reis en kies die veiligste en besigste roetes.
  • Bly bewus van jou omgewing terwyl jy bestuur en wees op die uitkyk vir enige verdagte aktiwiteit of individue.
  • Vertrou jou instinkte en as iets nie reg voel nie, tref voorsorgmaatreëls of verander jou roete indien moontlik.
  • Hou altyd jou voertuig se deure gesluit, veral wanneer jy deur onbekende of potensieel gevaarlike areas ry.
  • Indien moontlik, vermy dit om stil te hou in geïsoleerde of swak beligte gebiede, soos verlate paaie of leë parkeerterreine.
  • Probeer om jou stilhouplekke te beplan by goed bevolkte gebiede, soos vulstasies of rusplekke.
  • Wanneer jy bestuur, handhaaf ’n veilige afstand van ander voertuie om vinnige maneuvrering in geval van nood moontlik te maak.

LEES MEER Honderde bid vir Dylan

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button