Local newsNews

Verdagte gearresteer op moord van man wie se lyk in Seekoeiwater gevind is

Die vrou wat verdink word van die moord op Willie Visser word môre in Witbank Landdroshof verwag.

Die Witbank-polisie het die arrestasie van ’n 29-jarige vrou bevestig in verband met die moord op Willie Visser, wie se liggaam in Seekoeiwater gevind is.

Die vrou is op 24 Desember in hegtenis geneem en sal Maandag in die Witbank Landdroshof verskyn.

Dié inskrywings is op sosiale media geplaas.

Visser is op 16 Desember as vermis aangemeld nadat sy skoonma, Ina Vice, hom by ’n vriend se huis in Reynorif afgelaai het.

’n Verbyganger het later die dag op sy liggaam afgekom.

Willie Visser se suster, Hanri Visser het die boodskap op Facebook geplaas.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat Visser elders vermoor en sy liggaam op die toneel gestort is.

“Die oorledene is vermoedelik met ’n stomp voorwerp aangeval,” het die polisiewoordvoerder, kaptein Eddie Hall, gesê.

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, FacebookTwitter,  Instagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button