Groot R10 uitverkoping – vandag is ’n nuwe uitrusting minder as ’n wegneemkoffie by Ons Winkel
Vir slegs R10 kan jy vandag ’n winskopie by Ons Winkel koop. Of dit nou ’n baadjie, ’n rok, of langbroek of skoene is, vandag kos dit slegs R10.
By Ons Winkel is jou R10 baie meer werd as net R10.
Elke R10 wat oor Ons Winkel se toonbank gaan, stel die entiteit in staat om ’n student se droom te finansier, werksgeleenthede te skep en nood te verlig.
Vandag hou Ons Winkel ’n reuse R10 uitverkoping op klere, behalwe aanddrag en formele drag, en skoene.
Jy kan jou winskopie opraap vir slegs R10 en vir R50 vyf winskopies in jou sak steek.
Jy gaan nie ’n fortuin hoef te bestee om ’n groot verskil in iemand anders se lewe te maak nie en dit opsigself is meer waardevol as wat jy besef.
Hierdie is ook ’n uitnodiging om ’n verskil te maak deur jou oortollige goedere te skenk.
As jy meubels het wat in die pad staan, of kombuiskaste wat oorloop, ’n klerekas so oorvol, jy weet nie waar om jou nuwe bloesie te hang nie, of gereedskap wat jy lankal nie meer gebruik nie of selfs speelgoed wat die kinders lankal uitgegroei het – moenie dit weggooi nie – gee dit ’n nuwe doel by Ons Winkel.
“Jou ongewenste item is ’n belegging in iemand se toekoms,” het Sarel van Heerden, eienaar van Ons Winkel gesê.
Waar is Ons Winkel geleë?
Gaan loer gerus in by die vriendelike personeel van Ons Winkel, geleë in die Wersea-gebou in Jeanettestraat, reg agter Fruit & Veg.
Jy kan Sarel kontak by 082 902 2933 as jy van jou oortollige meubels wil ontslae raak en dit nie self kan inbring nie.
“Kom snuffel vandag rond tussen ons rakke en kyk wat jy vir ’n skrale R10 kan raakloop,” het Sarel uitgenooi.
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
