Local newsNews

‘God slaap nie!’ sê ma na vrou borg kry

Willie Visser se ma het in trane uitgebars toe Melissa Vice se borgaansoek in die Witbank landdroshof goedgekeur is.

Die vrou wat verdink word van moord op haar swaer, is borg toegestaan.

Die 29-jarige Melissa Vice het huilend na die aanhoudingselle afgestap nadat borg van R10 000 toegestaan is terwyl Willie Visser se ma agter in die hof in trane uitgebars het.

Vice word daarvan verdink dat sy Visser op 16 Desember vermoor het.

Haar regsverteenwoordiger, Koos Harmse, het tydens die borgaansoek gesê Vice ontken enige aandeel in die moord.

Melissa Vice.

Hy het ook genoem dat hy die verklaring wat Vice kort na haar inhegtenisname gemaak het, dispuut omdat sy nie kans gegun was om te verduidelik wat gebeur het nie.

In ’n verklaring wat Harmse voorgelees het ter verduideliking van die gebeure volgens Vice, het Visser haar getreiter en gedreig vir seksuele gunste.

Sy het ontken dat sy seks met Visser gehad het.

Die staat het in ’n poging om die borgaansoek te opponeer ’n verklaring wat deur die ondersoekbeampte gemaak is, voorgelees.

Die hof het gehoor hoe Vice Visser op die betrokke dag by die Reynorif winkelkompleks opgetel het.

Volgens die ondersoekbeampte het sy en Visser vir ’n ruk op en af in Hoëveldpark rondgery en toe in Seekoeiwater naby die substasie gestop.

“Die beskuldigde het onder die voorwendsel van seks die oorledene se hande vasgemaak, agter in die bakkie ingeklim en toe haar serp geneem en eers oor sy lyf gevryf. Sy het die serp toe om sy nek gesit en hom verwurg tot hy ophou beweeg het,” is aan die hof voorgelees.

Die staat het ook gesê toe Visser begin beweeg, is hy met ’n mes aangerand.

“Sy het uitgeklim en hom uit die bakkie uitgetrek en sy liggaam ’n ent in die veld ingesleep.”

Die staat het ook genoem dat Visser se persoonlike besittings in die veld weggegooi is.

Visser se ma bars uit in trane – sien die video hier

@witbanknews Ma deel hartseer na skoondogter borg kry. #witbanknews #witbank #murdercase #courtupdate ♬ original sound – witbanknews

Tydens ’n soektog later die aand het Vice glo gehelp soek na hom.

Kariena Visser.

Die mes het sy glo by hul huis gaan wegsteek en Visser se selfoon in die kerk waar sy die sekretaresse was.

Sy het na haar inhegtenisname vir die polisie uitgewys waar Viisser se persoonlike besittings gegooi was.

Die staat het genoem dat Vice aan die polisie genoem het dat sy sal selfmoord pleeg.

Harmse het gesê sy het aangedui sy was voorheen met tye depressief, maar is nie in staat om selfmoord te pleeg nie.

Visser se ma, Kariena Visser was baie ontsteld toe borg toegestaan is en het gesê, “God slaap nie!”

Oorspronklike berig gewysig. 

Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, TwitterInstagram of TikTok

Gesels met ons: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button