Talle beseer en een dood in 2 afsonderlike ongelukke in gietende reën
Padgebruikers word gemaan om uiters versigtig te wees en hul spoed aan te pas by die nat toestande om en in eMalahleni.
Swaar reënval het vroeër vanaand tot uiterste chaos op die paaie gelei, met een sterfgeval en talle beserings wat aangemeld is.
Nooddienspersoneel moes vinnig spring om verskeie tonele gelyktydig te hanteer terwyl die reën sig op die paaie belemmer het.
Botsing op die N12
Op die N12-snelweg het ’n ernstige ongeluk plaasgevind.
Marno Kruger, wat op die toneel was het gesê talle mense is in die ongeluk beseer.
“Vier van die beseerdes is baie ernstig,” het hy gesê.
Paramedici het die beseerdes op die toneel gestabiliseer voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
Voetganger sterf op ou Middelburg-pad
Terwyl reddingspogings op die N12 aan die gang was, is noodpersoneel na die ou Middelburg-pad ontbied waar ’n tragiese voorval plaasgevind het.
’n Voetganger is deur ’n voertuig getref.
Polisie en verkeer is tans op die toneel.
Een baan op die N12 net buite eMalahleni rigting Johannesburg is gesluit om ‘n trok te verwyder wat deur ‘n muur gery het
https://t.co/cpYETk94dc #wtbnews #ongeluk #N12 #vanwettens pic.twitter.com/0LPFoe74WU— WitbankNews (@WitbankN) February 1, 2026
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za