Zalala bring wavrag medaljes huis toe
Met die res van die seisoen wat voorlê, het die ruiters van Zalala nou amptelik die standaard gestel vir wat nog gaan kom.
Die 2026-perdryseisoen het sommer groot begin vir die span van Zalala Equestrian Centre wat na die PEC Equestrian Centre opruk vir hul eerste kragmeting van die jaar.
Dit was duidelik dat die span se strawwe oefening gedurende die af seisoen vrugte afwerp, want die atlete het met ’n indrukwekkende rits podiumplekke teruggekeer vanaf die kompetisie wat op 31 Januarie en 1 Februarie plaasgevind het.
Van die tegniese grasie van dressuur tot die hoë spoed en opwinding van skouspring, het Zalala hul stempel deeglik afgedruk.
Danéll van Rooyen was onstuitbaar en het vier goue medaljes ingeoes en kort op haar hakke was Charné Claassens wat drie goues huis toe gebring het.
In die junior-afdelings het Berthus Harmse gewys hy is ’n ruiter om mee rekening te hou. Saam met Passionate Lad het hulle gemaklik die 1.1m junior gegradeerde tweefase-skouspring item gewen.
Judith French op Flings het die 80cm tweefase-skouspring item ingepalm.
Zalala riders secure string of awards at Betty Burgess Show
Read more here: https://t.co/HpDBEkebk8#WitbankNews #emalahleni #Zalalariders— WitbankNews (@WitbankN) December 10, 2025
Nuus wat saak maak … Volg WITBANK NUUS op ons webtuiste, Facebook, Twitter, Instagram of TikTok
Gesels met ons: info@witbanknews.co.za
