Local newsNews

35 rekords spat by interlaer in eMalahleni

Dié byeenkoms is ’n bewys dat eMalahleni se jong talent gereed is om ook op die provinsiale verhoog gedugte teenstanders te wees.

Wanneer Laerskool Klipfontein as gasheer vir ’n interlaer-atletiekbyeenkoms optree, kan die publiek maar weet: alles gaan seepglad verloop.

Die geesdriftige atmosfeer op 4 Februarie was die perfekte agtergrond vir uitmuntende prestasies, met altesaam 35 rekords wat gedurende die dag gespat het.

Die atlete het hulself oortref en die standaard vir die seisoen ongelooflik hoog gestel.

SIEN AL DIE AKSIE FOTO’S HIER

Van die hoogtepunte was die prestasies van Robert Carruthers School (RCS) se Hendriette Lourie wie vyf goue medaljes ingepalm het.

Nog ’n atleet van RCS was Junior Moloko wat vier goue medaljes losgeslaan het. Hy het ook ’n nuwe rekord in die seuns o13 800m opgestel.

Nhlakanipho Mahlangu van die gasheer-skool het ook vyf medaljes opgeraap en Sncobile Nkambule van Laerskool Taalfees het vier goue medaljes en ’n silwer medalje huis toe gevat.

Hoewel die somerson vroegdag fel geskyn het, was dit veral die middag- en aandatletiek wat as ’n reuse-wenner uit die stryd getree het. Die koeler lug en die opwinding onder die spreiligte het gesorg vir ’n onvergeetlike afsluiting van ’n suksesvolle sportdag.

Aan die einde van die dag was dit Laerskool Kragbron wat as die algehele wenners van die interlaer gekroon is.

Kachelenga Matamando is aangewys as die Victor Lodorum en Luvuno Mbalenhle is aangewys as die Victrix Lodorum. Albei die atlete is ook van Laerskool Kragbron.

 

View this post on Instagram

 

A post shared by Witbank News/Nuus (@witbank_news)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button