Nog net twee weke oor dan is dit tyd vir Geringerstraat se mark
Geringerstraat se mark spog met 60 stalletjies. Dit is die ideale geleentheid om te soek vir daardie spesiale geskenk vir iemand spesiaal.
Geringerstraat mark het reeds sy voetspoor in eMalahleni gelaat.
Dié mark skud nou vere reg vir die tweede keer en die keer vind dit op 7 Maart plaas.
“Dit is meer as ’n mark, dit is die hartklop van ons stad,” het die organiseerders laat hoor.
Na die dawerende sukses van die heel eerste mark, is daar besluit om voortaan elke vier maande saam te kuier. Hierdie opwindende inisiatief het verlede jaar ontstaan toe besighede in Geringerstraat besluit het om kragte saam te span – en die resultaat was een vir die boeke.
View this post on Instagram
Wat kan jy verwag?
- Plaaslike besighede stal uit tussen die oulike stalletjies waar handgemaakte items pronk.
- Vir die kosliefhebber is daar varsgebak, en heerlike allerlei eetgoed soos ‘straatkos’, pap en kaiings, olywe, roomys, Boba tee, en roomys wat jou smaakkliere gaan bederf.
- Die mark dien ook as ’n platform vir talent vir kleiner entrepreneurs.
- Daar is omtrent so 60 stalletjies.
Geringer Street market day is happening on March 7. Witbank News will be there on the day, come and say ‘hi’#geringerstreetmarket #witbanknews #market #streetmarket #CommunitySupport pic.twitter.com/qwvvXip0dc
— WitbankNews (@WitbankN) February 17, 2026
HIER KAN JY KOEKELOER NA FOTO’S VAN VERLEDE JAAR SE MARK:

Die dag skop af met ’n fietsry en pretloop vroeg in die oggend en vir die wat lus is om te kompeteer, is daar spanbou-uitdagings. Die inskrywing is nie-bederfbare kos en dierekos.
Dit sluit belangrike bewusmakingsveldtogte in, soos geestesgesondheid en ander noodsaaklike gemeenskapsdienste word onderstreep en skenkings word ingesamel vir Jabez Food Bank en die Dierebeskermingsvereniging.
Omkring jou dagboek en maak seker jy mis nie die Geringerstraat mark nie.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za

















