Local newsNews

Midwit buurtspan sny gras dat die stof so staan

Parke in eMalahleni is nou netjies kort gesny en ouers vat nou hul kinders daarheen om te gaan speel.

Die AfriForum-buurtspan wat in eMalahleni en Middelburg bedrywig is, beter bekend as die Midwit-buurtspan, het gedurende Januarie toegesien dat dié dorpe se gras netjies gesny word.

Die buurtspan het sewe hektaar gras gesny.

Die buurtspan het skoongemaak en gras gesny in O.R. Tambo-, Aquarius-, Duiker-, Klipspringer-, Bonsai- en Hartbeesstraat.

“In eMalahleni kan mens werklik die verskil sien waar die AfriForum-buurtspan gewerk het. Ons wil graag werk om ’n tweede span in die komende maande bymekaar te kry,” het Sarel van Heerden, voorsitter van AfriForum se Witbank-tak gesê.

In Middelburg het die span vroeg reeds aan die werk gespring om skoon te maak en gras te sny in Kosmospark, Pongolapark, Verdoorn- en Limpopostraat.

“Hierdie span het werklik daad by die woord gaan voeg en help aktief om verval in Middelburg te keer. Ons weet dat die munisipaliteit nie genoegsame aandag aan netheid in ons dorp gee nie, maar ons kan nie net ons skouers optrek nie. Ons buurtspan tree op waar die munisipaliteit misluk,” het Mark Salzwedel, voorsitter van die AfriForum-tak in Middelburg gesê.

LEES MEER HIER As jy AfriForum se buurtspan sien druk gerus jou toeter en waai, dié span is besig om hard te werk in eMalahleni

Ondernemings en inwoners wat hierdie buurtspan wil ondersteun, kan ’n e-pos stuur na witbank@afriforumtak.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button