Die mark waarop almal gewag het is dié Saterdag
Kom sê hallo vir die WITBANK NUUS-span wat die oggend saam kom geniet.

Maak gereed vir ’n dag vol opwinding – Geringerstraat staan gereed om op 7 Maart ’n markdag aan te bied wat sommer baie pret voorspel.
Die dag skop al vroegoggend af met fietsryers wat ’n uitdagende 50km roete gaan doen.
Die fietsroete sluit pro’s en sosiale fietsryers in.
Die professionele fietsryers word genooi om by enige punt saam met hul gewone oefengroep te begin. Mik vir ’n roete van ongeveer 50 km om teen 07:45 klaar te maak.
Die sosiale fietsryers ontmoet 05:00 by Witbankdam-reservaat se hek en dié fietsryers word skuins voor 08:00 by die Engen-vulstasie in Geringerstraat terug verwag. Die inskrywing is slegs een blikkie nie-bederfbare mens- of troeteldierkos.
Veiligheid kom eerste en daarom is die volgende reëls in plek gesit:
• Geen valhelm, geen rit.
• Voor- en agterligte is verpligtend.
• Geen ondersteuningsvoertuig is beskikbaar nie.
• Daar is net een waterpunt.
As die 50km in die saal vir jou bietjie te veel is, kan jy inskryf vir die ‘Because you can’ pretloop.
Registrasie is om 07:30 en die wegspring is om 08:00.
Die eerste 400 deelnemers oor die wenstreep kry elk ’n medalje. Hier is die toegang ook ’n blikkie nie-bederfbare mens- of troeteldierkos.
Lees meer hier: Geringerstraat se mark gaan jou bederf met 60 stalletjies
Die eerste ‘honde-kroeg’ word ook bekendgestel. Alle viervoet-kinders is welkom om die dag saam te kom geniet, mits hulle aan ’n leiband is.
Daar sal gerieflike bakkies met vars water regstaan sodat hulle koel en gehidreer kan bly terwyl die dag geniet word.
Terwyl jy tussen die meer as 50 stalletjies kuier, maak gerus ook ’n draai by PathCare waar jou niere gratis getoets kan word.
Maak ook seker jy loer in by Erasmus Physiotherapists – hulle daag jou uit om aan ’n paar fisieke uitdagings deel te neem. As jy die krag en balans het om die uitdagings te wen, staan jy ’n kans om met ’n prys huis toe te gaan.
Vir meer inligting oor die mark, kontak Talitha Share: 082 921 5476.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
