Gesteelde vierwielmotorfietse en motorfiets teruggekry
Die bure het eers dae na die inbraak inligting gegee oor die bakkie waarop die gesteelde vierwielmotorfietse en motorfiets vervoer was.
Twee Mosambiekse burgers is gearresteer vir die diefstal van twee vierwielmotorfietse en ’n motorfiets in Fleurlaan in Blancheville vroeër die maand waartydens die honde en hoenders ook vergiftig is.
Enock Khoza (27) en Laster Matavela (35), het op 12 Maart in die Emalahleni Landdroshof verskyn op klagtes van vermoedelik gesteelde goedere.
Die twee verdagtes is die vorige dag in hegtenis geneem na ’n wenk ontvang was dat ’n bakkie met die gesteelde goedere in die Old Coronation area was na beriggewing op WITBANK NUUS se webtuiste.
Die flinke optrede van CSC Virtual Guarding het gou gekeer dat die bakkie met die vermoedelik gesteelde goedere wegkom.
Die reaksieoffisiere het die bakkie begin agtervolg en die polisie verwittig.
Lees meer hier: Diewe vergiftig honde en hoenders en steel vierwielmotorfietse en motorfiets
Die bakkie is op 11 Maart op die N4 voorgekeer en die gesteelde goedere is onder plastieksakke ontdek.
Sandra Greyling was oorstelp van vreugde toe die vierwielmotorfietse en motorfiets teruggevind was.
Sy het vertel dat hulle honde, Rusty en Bullet asook hulle hoenders vergiftig was toe die diewe ingebreek het.
“Dit was hartverskeurend om ons ‘kinders’ so te sien,” het Sandra gesê.
“Die vierwielmotorfietse en motorfiets was net boude en blaaie, maar ons het dit terug.”
Die Greyling-gesin bedank CSC Virtual Guarding vir hul vinnige optrede.
Die Greyling-gesin van Blancheville se lewe is in chaos gedompel nadat diewe hulle honde vergiftig het en met twee vierwielmotorfietse en ’n motorfiets weggekom het. As jy die voertuie gewaar kontak Sandra Greyling 071 467 6673. #witbanknews #crime #wtbnews #emalahleni pic.twitter.com/S1r6SzsCc2
— WitbankNews (@WitbankN) March 9, 2026
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
