Die SANBD wil môre 80 eenhede bloed insamel
Jy kan môre tussen 09:00 en 16:00 by die bloeilokaal gaan bloei . Die SANBD se bloeilokaal is by Saveways Centre.
Die SANBD het jou hulp nodig.
Op 28 Maart hou hulle ’n skenk-marathon en gaan probeer om 80 eenhede bloed in te samel.
Jou skenking is dalk net die lewenslyn waarvoor iemand anders bid.
Die bloeddiens is by Saveways Crescent op die eerste vloer geleë.
Hulle gaan tussen 09:00 en 16:00 oop wees.
[PRESS RELEASE] | 25 March 2026
— The SANBS (@theSANBS) March 25, 2026
With the Easter holidays approaching, SANBS is calling on South Africans to Answer the Call by donating blood on Saturday, 28 March.
The goal: 6,000 units in a single day. Every donation can save lives.
Follow us for updates:
* X (@theSANBS)
*… pic.twitter.com/0hbECfNofs
Jy moet tussen 16 en 75 jaar oud wees om te kan skenk en ten minste 50kg weeg.
Jy moet in goeie algemene gesondheid verkeer en ’n veilige lewenstyl lei. Jou hemoglobienvlakke (yster) moet binne die veilige reeks wees (hulle toets dit vinnig met ’n vingerprikkie voordat jy skenk).
Dit is baie belangrik dat jy ’n goeie maaltyd geniet het binne vier ure voordat jy skenk.
WITBANK NUUS gaan daar inloer en hoop om jou daar te sien.
Vir meer inligting, skakel die tolvrye nommer 0800 11 90 31.
Het jy nuus of ‘n interessante gebeurtenis om te deel? Ons hoor graag van jou! Stuur jou stories, wenke of foto’s per e-pos na info@witbanknews.co.za
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
