Blinde vrou glo by Middelburg restaurant weggewys weens gidshond
Anlie Smith het gesê die weiering van ’n gidshond is soos om 'n man in 'n rolstoel te vra om sy rolstoel buite te los.
Sosiale media gons nadat ’n besoek aan ’n restaurant in Middelburg op ’n vernedering vir ’n blinde vrou en haar gesin uitgeloop het.
Anlie Smith en haar getroue gidshond, Berry, is glo gevra om buite te sit nadat die eienaar geweier het om die hond in die hoofrestaurant toe te laat.
Die voorval het plaasgevind toe Smith en haar familie die restaurant besoek het vir ’n familie Paasete.
Smith verduidelik dat sy juis die spesifieke plek gekies omdat sy ghoor het hulle het ‘n goeie Paasprogram vir kinders.
@witbanknews After Anlie Smith and her guidedog were refused entry at a restaurant in Middelburg we took a stroll with Berry, Anlie's 'eyes' to see how they navigate through a mall #witbanktiktok #fypage #servicedog #witbanknews #guidedog @Witbank News ♬ original sound – witbanknews
Volgens Smith het die eienaar aangevoer dat Berry nie binne welkom is nie weens higiëniese redes en die moontlikheid dat ander klante dalk allergies mag wees vir hondehare.
Ten spyte daarvan dat Berry in haar volle tuig was en ’n amptelike identifikasie-plaatjie gedra het om te bewys dat sy ’n geregistreerde gidshond is, is die versoek om binne te sit van die hand gewys.
“Dit was so vernederend,” het ‘n Smith vertel.
. “Berry is baie goed opgelei, sy lê stil onder die tafel; sy blaf nie en sy grom nie. Sy is my oë.”
Smith het die eienaar ook gevra of ’n man in ’n rolstoel gevra sou word om sy rolstoel buite te los voordat hy die restaurant binnegaan, aangesien Berry haar noodsaaklike hulpmiddel is.
Die debat rondom die regte van mense met gestremdhede het opnuut opgevlam na ‘n voorval by ’n restaurant in Middelburg toe ‘n blinde vrou en haar gidshond gevra is om buite te sit
— WitbankNews (@WitbankN) April 5, 2026
https://t.co/wvdhOuFdEj #gidshond #middelburg #sig #anliesmith #witbanknuus pic.twitter.com/YbJ6gGd04X
Die eienaar het egter glo botweg geweier om haar standpunt te verander en aangevoer dat die ‘reg van toegang voorbehou’ word.
Smith, wat as ’n ambassadeur vir mense met gestremdhede optree, het gesê sy en Berry reis gereeld en sy is nog nooit vantevore toegang geweier nie.
WITBANK NUUS het na die eienaars van die restaurant uitgereik vir kommentaar, maar kon teen die tyd van publikasie nog geen reaksie kry nie.
