Local newsNewsSchools

Pannies se wintersportdag een vir die boeke

Die winterport is in volle swang en jong rugbyspeletjies en netbaldoedies wys hul slag.

Laerskool Panorama se sportvelde was die afgelope naweek die hoogtepunt van opwinding tydens hul rugby- en netbaldag.


Verskeie skole het by die skool bymekaargekom om die vriendskaplike wintersportdag op 18 April te geniet.


Dit was veral ’n groot dag vir die opkomende rugbysterretjies.

LEES MEER HIER: Laerskool Panorama was the place to be last Friday as they hosted an exciting day of U13 netball and U7 rugby


Die skool se hoof, mnr. Paul Burger, het gesê dat dit ’n riem onder die hart was om die jong spelers op die veld te sien kompeteer.


“Ons het doelbewus vir die rugby se B-spanne die geleentheid gegee om hul staal te wys, en hierdie spelertjies het werklik alles op die veld gelaat,” het hy trots bygevoeg.


Die opwinding het nie net op die rugbyvelde plaasgevind nie.

SIEN DIE SPORTDAG SE FOTO’S HIER


Op die netbalbane het die netbalspelertjies mekaar die stryd aangesê.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button