Boanerges maak reg vir groot dayjol dié Saterdag
Dié naweek se dayjol gaan een vir die boeke wees,. Gaan maak gerus ‘n draai by Route 555.
Motorfietsryers en ysterperd-entoesiaste word genooi na Boanerges Motorfietsklub se dayjol.
Motorfietsryers en entoesiaste kan solank hul kalenders merk vir 2 Mei wat beloof om ’n dag propvol opwinding te wees met musiek, kosstalletjies en natuurlik die tweewiel-kameraadskap waarvoor motorfietsklubs in die omgewing bekend is.
Die dayjol gaan by Route 555 op die ou-Middelburgpad plaasvind.
LEES MEER HIER: WITBANK NUUS het saam met die VLU Nocturne-tak meer geleer oor lekkerruik pomanders.
Toegang is R100 per persoon.
Vir die presidente van die onderskeie klubs wat kom saamkuier, is die toegang gratis.
Heerlike kosstalletjies asook ’n kontant kroeg gaan beskikbaar wees.
Vir meer inligting, kontak Hentie Viljoen, president van Boanerges Motorfietsklub: 072 282 7969 of die vise-president, Erens Prinsloo: 082 879 5300.
Vir stalletjies, kontak Mariana Viljoen: 082 876 5642.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
