Local newsNews
Hulp is op pad om trokke te verwyder
Daar lê nog twee trokke in die pad op die N4, maar dit belemmer nie die verkeer nie.
Verkeer vloei tans vlot nadat ’n trokdrywer vroeër vandag homself misgis het met die hoogte van die brug naby die Highveld Mall-afrit en sy vrag verloor het.
Die vrag, wat uit ’n tweede trok bestaan, lê tans langs die trok wat omgeslaan het.
Giepie Fisher van Van Wettens Insleepdienste het bevestig dat die voorval nie die verkeer ontwrig nie omdat motors steeds kan verbyry.
Volgens Fisher behoort die trokke binnekort verwyder te word.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
