Local newsNews

Jordan kort nog R50 000

Tot dusver kom die donasies stadig in en die jong rugbyster, Jordan Prinsloo, kort nog R50 000 om in Frankryk te gaan speel.

Die kalenderblaaie word afgeskeur en die horlosie tik, daarmee saam loop die tyd ook uit vir Jordan Prinsloo om R70 000 in te samel om die land in Frankryk te gaan verteenwoordig.


Jordan is ingesluit in die gesogte Bateleur o13-span wat vanaf 29 November tot 9 Desember deur Nice, Turyn, Lyon en Parys gaan toer.


Tydens die toer gaan die seuns nie net kragte meet teen top Franse jeugspanne nie, maar ook ’n intensiewe rugbykliniek bywoon om hul vaardighede na die volgende vlak te neem.

Lees meer hier: Waggies se losskakel is op pad Frankryk toe


Vir dié kranige rugbyspeler van Laerskool Onverwacht is hierdie nie net sy eerste oorsese rugbytoer nie, dit is ook die begin van ’n moontlike aksiebelaaide rugbyloopbaan.


“Ek is ongelooflik trots om aangekondig te word as deel van die Bateleur rugbyspan. Hierdie toer is ’n groot eer en ’n droom wat bewaarheid word. Ek is opgewonde om nuwe vaardighede aan te leer en teen internasionale spanne te speel,” het die spoedvraat gesê.


Jordan kort nog R50 000. Die bedrag sluit vlugte, verblyf, etes, spanklere en toergelde in.
Elke donasie bring die jong rugbyster nader aan sy rugbydroom.


Daar is ’n BackABuddy skarebefondsing gestig en as jy daarop kliek, kan jy Jordan ’n tree nader aan die Franse-toer bring.

Kliek hier: https://www.backabuddy.co.za/campaign/jordan-prinsloo-rugby-tour-to-france

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button