Local newsNews

Witbank reg vir Baberton

Kom kuier gerus by Hoërskool Patriot en ondersteun ons plaaslike rugbyspanne wanneer hulle kragte meet teen Baberton.

Witbank Rugbyklub is reg vir dié naweek se kragmeting teen Baberton.


Hierdie is rondte ses van die Hollywood Superliga en dit vind Saterdag op Hoërskool Patriot se rugbyvelde plaas.


In dieselfde liga meet Sasol, wat Witbank verlede week karnuffel het, kragte teen Witrivier en New Castle speel teen Nelspruit.


Daar is nog ’n harde paar wedstryde wat voorlê voor die finaal op 1 Augustus.


Van die ses spanne in die liga lê Witbank se eerste span, Spur Mavericks, tans derde op die punte tabel met 10 punte.

LEES MEER HIER:  Sasol het die afgelope naweek in eMalahleni kom kuier en kookwaterrugby teen die Witbank spanne gespeel.


Witrivier loop voor met 22 punte en met net twee punte agter hulle lê Nelspruit.
Dit gaan nie so goed met die tweede span, Marodew Impi’s nie.


Die vyf spanne in hulle kategorie rus op hulle. Witrivier loop voor met 25 punte met Nelspruit in die tweede plek met 20 punte. Marodew Impi’s is sesde met -1 punt.


Dit gaan darem beter in die derde span kategorie met Witbank se Vikings wat tweede lê met nege punte.

Die voorlopers hier is Witrivier met 16 punte.


So lyk die program:
13:00 Vikings teen Baberton
14:00 Marodew Impi’s teen Baberton
15:30 Spur Mavericks teen Baberton

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button