Local newsNews

Derde evangelisasie opleiding begin

In hierdie kursus word lidmate en uiteindelik die hele gemeente gemotiveer en gemobiliseer om hierdie taak van evangelisasie uit te voer.

Jesus se opdrag in Matteus 28:19 sê vir ons die volgende: “Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.


“Hierdie opdrag is nie net tot die predikers gerig nie, maar tot elke mens wat God waarlik liefhet. En doen Jesus dan ook ’n beroep op die mens as hy in Matteus 9:37 sê: “Die oes is wel groot, maar die arbeiders min”, het pastoor Kiewiet van Staden van die Elkana Gemeenskapskerk gesê.


Hy het gesê die verklarende woord stel dit as volg: “Daar is baie mense wat eintlik soek na ’n goeie verhouding met Jesus; as iemand hulle net sal wys hoe om by Hom uit te kom.”


Dit is juis hierdie behoefte wat deur die EE III kursus aangespreek word, naamlik ‘evangelisasie-deur-elke-lidmaat’.

Did you know that WITBANK NEWS isn’t just your local paper, but part of a massive community news network?


In hierdie kursus word lidmate en uiteindelik die hele gemeente gemotiveer en gemobiliseer om hierdie taak van evangelisasie uit te voer.


Die 10-weke kursus skop op 22 Junie af en die kostes is net R150 vir die materiaal en die boeke.


Indien jy belangstel om opgelei te word om die goeie boodskap uit te dra, kan jy gerus pastoor Van Staden skakel by 082 446 8583.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button