Oud-Pattie legende sterf
Oom Flip se begrafnis vind Maandag, 1 Junie om 12:00 plaas by die Gereformeerde Kerk.
Dit was ’n groot skok om te verneem dat oom Flip Swanepoel oorlede is.
Oom Flip is op 24 Mei oorlede.
Sy vrou, Tryna, het gesê hy het die stryd verloor na ’n vier maande lange siekbed.
Oom Flip het in 1975 sy loopbaan by Hoërskool Patriot begin. Hy het toe Noord Sotho as vak aangebied.
Nadat die taal as vak uitgeskuif is, het hy die Bybelkundeklas oorgeneem.
Hy het later ook Toerisme aangebied.
Oom Flip het 43 jaar skool gegee by Patriot.
Oom Flip sou op 29 Augustus 73 jaar oud geword het.
Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,
Volg ons op website, Facebook, X, Instagram or TikTok
Epos: info@witbanknews.co.za
