Local newsNews

Wit olifante word dié Saterdag verkoop

Die Nocturne-tak is se watertand lekker pannekoek gaan beslis ’n wenner wees. Jy kan vyf pannekoek koop vir slegs R30.

Die VLU Nocturne-tak se gewilde ‘wit olifant karnaval’ vind die naweek plaas.


Die fondsinsamelingsprojek van die tak vind op 30 Mei voor Once Again Pre-Loved Clothing in Jeanettestraat plaas.


Die ‘wit olifant karnaval’ beloof om ’n ware skatkis van winskopies te wees.


Of jy nou op soek is na daardie een boek, ’n skildery of kombuisware of bloot lus is om tussen interessante snuisterye rond te snuffel, gaan jy beslis ’n winskoop raakloop.

Die verrigtinge skop om 09:00 af, so maak seker jy is vroegtydig daar om die beste items eerste op te raap.

LEES MEER WITBANK NUUS het saam met die VLU Nocturne-tak meer geleer oor lekkerruik pomanders.


Dit is die ideale geleentheid om jou kas reg te pak, nuwe skatte huis toe te neem en terselfdertyd ’n verskil te maak.


Die Nocturne-tak se watertandlekker pannekoek gaan beslis ’n wenner wees.

Jy kan vyf pannekoeke koop vir slegs R30. Skakel Lenie Swan vir bestellings: 072 302 5791.


Vir meer inligting oor die ‘wit olifant karnaval’, kontak Wilma van Zyl by 083 638 0402.

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button