Local newsNews

Hekelklub hekel dag en nag vir diegene wat swaarkry

Die Happy-hookers het 24-uur lank gehekel, gesels en opgevang oor alledaagse dinge terwyl hulle kombersies gehekel het.

Wanneer die Happy-hookers begin hekel, is daar geen keer aan hulle nie.


Dié hekelklub het vanaf 30 Mei 12:00 tot 31 Mei 12:00 laat waai en 24 uur lank gehekel. Dit alles vir ’n groter doel.


Die lag en gesels het die moegheid gou lamgelê terwyl die horlosie se wysers ritmies tyd gehou het.


Teen die tyd dat die marathon se 24-uur-merk bereik is, het daar ’n pragtige stapel sagte, warm kombersies gereed gelê.

LEES MEER Vroue hekel en brei reg deur die nag om komberse te kan skenk aan hulpbehoewendes

Jakkie du Bruto.


Elke kombers is met die hand en met baie liefde gemaak, met die unieke patrone en kleure wat getuig van die ure se harde werk en toewyding wat in elke enkele steek ingegaan het.


Hierdie spesiale kombersies word nou geskenk aan diegene in die gemeenskap wat dit die nodigste het om die snerpende winterkoue af te weer.

Marelize Jacobs.


“Dit is vir ons die hoogtepunt om al die pragtige kombersies so bymekaar te sien,” het Zenobia de Jager van die hekelklub vertel.

Elsa van Tonder.

LEES MEER Die VLU Nocturne se oop harte is die grootste winskopie

Jou stad, jou storie soos dit gebeur. Bly op hoogte met die jongste nuus met WITBANK NUUS,

Volg ons op  websiteFacebookX,  Instagram or TikTok

Epos: info@witbanknews.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Zita Goldswain

News Editor at the Witbank News Caxton stable. Witbank News has been my ‘home’ for the past 24 years. Journalism is the ability to meet the challenge of filling the space true words said by Rebecca West. I meet challenges, get the better of them and fill space with true words.
Back to top button